Entrance: The entrance fee is JUST R3 per person!
Date: 18 January 2026
Times:
Information: Time: Between 14h00 – 16h00! Dewald Steyn se
musiek loopbaan het onoffiseel begin toe sy Ma (Tersia) en haar tweeling suster
(Myra) n duet groep begin het in hulle jonger jare. Tersia en Myra Botes was
bekend as “Die Singende Tweeling” en het saam bekendes soos Sonja Heroldt en
Lieb Bester langspeelplate opgeneem en luisteraars bekoor met hul engel stemme. Steyn se loopbaan
het offisieel einde 2008 begin, toe hy VONK genader het met n demo opname, en
van daar af heelwat promosie werk saam die agentskap gedoen het. Dewald het
einde 2010 n lied geskryf vir die Blou Bulle getiteld “Blou Bloed In My Lyf” en
die lied het dadelik aanklank gevind by die Blou Bul ondersteuners. Dewald
bring toe n enkelsnit album uit met "Blou Bloed", met die hulp van
Gerhard Steyn se orkes en Dale Schnettler (Prime Circle dromspeler), waarna die
album sorg vir groot blootstelling en selfs n paar kuiers op televisie.
"Blou Bloed" speel op verskeie radiostasies, onder andere “Oosrand
Stereo, Jakaranda Stereo, Kosmos Stereo, Radio Kragbron, RSG, Overvaal Stereo,
Radio Tygerberg... Dewald span toe kragte saam met die eienaars van die
"Blou Bloed" energiedrankie, en Blou Bloed loop van krag tot krag! Dewald kuier saam
die "Tonge Los" span op die kassie, asook DKNT advertering, en die
massiewe Gospel Produksie, "Gospel In Afrikaans", saam Nedine Blom,
Andries Hendrik Potgieter, Ronell Erasmus, Willie en Natasha Joubert. Dewald het die
verhoog met meeste van ons land se grootste kunstenaars op verskeie kere
gedeel. Saam : Snotkop, Juanita du Plessis, Gerhard Steyn, Nicholis Louw, DJ
Ossewa, Kurt Darren, Ray Dylan, Bok van Blerk, Eden, Die Cambells, Lianie May,
om maar net n paar te noem, vermaak hy die gehoor waar hy gaan. Dewald spits
hom toe op die Afrikaanse Pop Rock genre. Dewald voltooi
sy debuut album getiteld, “Sneeuwitjie”. Die album vind aanklank by
luisteraars landwyd, en bevestig homself as n huishoudelike naam landwyd. Die
album maak ook n draai by meeste van die land se radiostasies. Treffes soos
“Sneeuwijtie, Hande Vol Harte, Stout Verby, Jys Vuurwarm, Katryntjie” om maar
net n paar te noem, sal sorg dat jou kuier n opskop kuier is. 13van die
15 snitte op die nuwe album is uit sy eie pen uit. Dewald skiet daarna
sy musiekvideo vir die titelsnit, ‘Sneeuwitjie” en is te siene op Kyknet
Musiek. Dewald word gekies om as een van die land se kunstenaars by Innibos na
die bekendstelling van die album. Baie van die
liedjies op die album huisves hulself onder luisteraars en aanhangers, maar dit
is veral “Katryntjie” op die album wat hartsnare trek, en beklemtoon word op
meeste van die land se radiostasies. Hierdie populere lied vind homself nr. 1
vir 5 weke op Bosveld Stereo, en nr. 2 vir die jaar, naas Juanita du Plessis.
Steyn word genooi om in Boshoek naby Sun City saam die alombekende Steve Ashley
(Staccatos faam – Cry to me) op te tree en die twee doen n duet op die verhoog
met een van Steyn se gunsteling liedjies, “I am I said”.. Intussen beweeg Steyn
nader aan van die land te top kunstenaars, en werk saam hulle op verskillende
optredes regoor die land. Dit is hier waar kunstenaars soos Jakkie Louw, Ray
Dylan, en DJ Ossewa onder andere n spesiale plek in sy spasie geniet. Selfs n kompliment
of twee word opreg waardeer, onder andere n besondere kompliment van een van
ons land se top vroue kunstenaars, Andriette Norman, wat Steyn komplimenteer op
sy titelsnit, Sneeuwitjie. Niks kom maklik
nie! Dit verg baie harde werk, oor op die grond hou. Hierdie is beslis nie n 8
tot 5 werk nie. Dit is konstant. Selfs 3 uur die oggend skrik mens wakker met n
idée, en begin n liedjie skryf. Dewald is tans
besig aan n splinternuwe projek waaroor hy baie opgewonde is. Dit is n Country
Album wat volgende op die horison le, en die keuse van liedjies is noukeurig
gekies. Die album, getiteld ‘Stronger back” beloof om luisteraars oud en jonk
te vermaak met legendariese nr.1 treffers gesing deur die oorspronklike
kunstenaars. Mommas, don’t let
your babies grow up to be cowboys, Whiskey River, One last kiss, Friends in low
places, Let your love flow, Tulsa Time, is maar net n paar van die snitte op
die volgende album. Die voorreg is oorweldigend, om saam, in sy opinie met die land
te beste kunstenaar, Ray Dylan te werk op hierdie projek. Ray Dylan is
versantwoordelik vir die produksie van die album. Seersekerlik n album om na
uit te sien. Tans besig saam
Anton Botha om Kantryntjie treffer 'n nuwe skop te gee in 2026. Steyn het die
vermoe om enige gehoor op hule voete te bring, en selfs die hartsnare te pluk.
Daar is tyd en plek vir n glimlag en ook n traan, meen hy.