< < < Back


Kabous

Entrance:

The entrance fee is JUST R3 per person!

 

Date: 08 February 2026

Times:

Information:

Time: Between 14h00 – 16h00!

Kabous is gebore in Alberton en matrikuleer by Hoërskool Alberton in 2012. Hy het sy liefde vir musiek ontwikkel toe hy nog ‘n tiener was. Daar en dan het hy besluit om sy passie vir drama en musiek te volg en kitaar lesse te neem. Saam met hierdie passie het hy ‘n liefde vir die verhoog en vir mense ontdek. Na skool gaan studeer hy Drama en Film by TUT (Tshwane University of Technology). In 2016 kwalifiseer hy met ‘n Nationale Diploma en in 2017 met ‘n B-tech Graad in Drama en Film. In sy universiteits jare, was hy betrokke by aardklop met ‘n produksie genaamd “Code”. Hy was ook deel van verskeie verhoog produksies tydens sy studies. In hierdie tyd het sy liefde vir skryf ontwikkel. Hy het ook sy aandag na kinder teater gedraai waar hy vir What Walrus as ‘n kindervermaaklikeidsagent gewerk het. In sy studie jare spesialiseer hy in kinderteater, sang en stemwerk. Hy beoordeel landswyd by verskeie Kunswetstryde naamlik die Artisticulta, Die Poort Kunstefees, Dell Arte, Nova Arte en Rise To Fame om net ‘n paar te noem. Kabous se eerste Solo Album “Wonder” is in Oktober 2018 vrygestel. In 2022 stel hy sy tweede album “jy Weet” vry. In 2019 jaag hy steeds sy musiek en teater loopbaan na en tree hy op as sanger by feeste en funksies Hy besluit toe in 2019 om sy tas te pak en te verhuis na Dalian, China. Hy werk in China as drama, musiek en Engelse onderwyser. In 2022 besluit hy om huiswaarts te keer om sy musiek loopbaan voltyds na te jaag. Kabous het al reeds by verskeie funksies en feeste opgetree vandat hy terug is. In 2025 word hy geteken by David Gresham Platemaatskappy met sy enkelsnit “Zammalekker” In 2025 skryf hy vir die blou bulle ‘n tema lied “Bul is in ons bloed” en ook ’BraaiVibe” vir elke man wat lief is om ‘n vuurtjie aan te steek. Hy stel sy nuutste enkelsnit vry in Oktober 2025 “Sing Hallelujah!” waar hy eer betoon aan God vir sy goedheid en guns oor Kabous en sy geliefdes se lewens. Kabous is ‘n passievolle mens en glo dat resultate gesien sal word slegs deur harde werk en geloof. Kabous is lief vir musiek en ondersteun ander kunstenaars waar hy moontlik kan. Hy is ook vreeslik lief vir troeteldiere en om nuwe kulture en lande te verken. Hy glo dat kunstenaars mekaar moet help en ondersteun. Hy glo in morele waardes soos eerlikheid en nederigheid en hoop dat almal met voorspoed, geloof en liefde sal paaie kruis.