< < < Back


Jay Morgan

Entrance:

The entrance fee is JUST R3 per person!

 

Date: 08 March 2026

Times:

Information:

Time: Between 14h00 – 16h00!


Jay Morgan is gebore 09 Junie 1994 en kom oorspronklik vanaf 

Germiston Gauteng hy het n baie moeilike kinder lewe gehaad en het 

in kinderhuise groot geword en  het op die ouderdom van 6 sy passie

 vir sang en musiek ondek.  Jay Morgan is n onhanklike Sanger en 

werk elke dag baie hard aan sy loopbaan.  Jay Morgan vorm ook deel van die Bitter lekker, Rug teen Rug en Ontbyt sake span.

Jay Morgan roer hartsnare met ‘n vars, moderne & oorspronlike Afrikaanse Liefdesliedjies.

Jay Morgan is ‘n jong verskietende ster van Delmas. Sy dagboek is aan die brand want die

SA publiek hou van hierdie donkerkop se aantreklike verhoog persoonlikheid en ‘pop’ reg

stem wat elke noot raakslaan.  Jay Morgan bewys dat hy het wat dit vat om die pad na sukses te stap. In 2021 wen hy ‘n medalje toekenning by die nasionale Afri-Indie Musiektoekennings vir ‘Nuweling van die jaar’. In 2022 wen hy ‘n sertifikaat toekenning weereens by die nasionale, jaarlikse Afri-Indie Musiektoekennings vir sy elektroniese dans musiek oorspronklike enkelsnit “Neon ligte’. 

Hy gebruik die lewe se hoog- en laagtepunte wat hy saam met sy vrou op die pad na drome ervaar as inspirasie.  Sy staan hom by deur die sonskyn en storms en haar liefde is dus sy anker.

Jay Morgan was ook al bevoorreg om saam ander groot name op te tree by lewendige

vertonings soos Dirk Van Der Westhuizen, Ivan Roux, Dodo, Elandré en Neil Somers om

net n paar te noem.