< < < Back


Taye Brink

Entrance:

The entrance fee is JUST R3 per person!

 

Date: 15 March 2026

Times:

Information:

Time: Between 14h00 – 16h00!

Taye is ’n energieke Afrikaanse sangeres en liedjieskrywer met ’n klank wat jou reguit in die hart tref. Haar musiek kombineer rou emosie met aansteeklike ritmes, en haar optredes is bekend vir hul intensiteit, energie en opregtheid. Op die verhoog gee sy alles – elke keer.

Met trefferliedjies soos “NICO 10”, “Dans met Gevaar” en “Ek Dare Jou (Bly net lief vir my)”, het Taye vinnig ’n lojale aanhangersbasis opgebou. Haar styl is vars, uniek en vol siel – perfek vir enige geleentheid wat ’n bietjie vibe nodig het.

Onlangs het sy saam met Len Muller gewerk en twee besonderse liedjies saam vrygestel: “Alles van My” en “Soos ’n Engel (Intieme weergawe)”. “Soos ’n Engel (Intieme weergawe)” is geskryf deur Len Muller en Juan Boucher – ’n samewerking wat diep emosie en opregtheid vasvang. Taye en Len het ook onlangs saam verhoog gedeel en gehore landswyd beïndruk met hul dinamiese optredes.

Taye se missie met haar musiek is eenvoudig maar kragtig: om mense aan te raak, harte oop te maak en ’n goeie vibe te bring – elke keer as sy sing.