< < < Back


Gerhard Steyn

Entrance:

The entrance fee is JUST R5 per person!

 

Date: 28 June 2026

Times:

Information:

Time: Between 14h00 – 16h00!

GERHARD STEYN Die sanger met die dimpel-glimlag het bewys sy musiek is oorspronklik, uit die hart en genotvol. Sy talent as sanger en liedjieskrywer, voorkoms en persoonlikheid maak hom gewild by oud en jonk. Gehard Steyn se nuuste liedjie KAROLIENTJIE is Desember 2025 vrygestel. Soos met al sy vorige treffers het ook hierdie liedjie die musiekbedryf aan die brand. NAWEEK MY NOU, NOU RAAK DIT LEKKER, STERRE (met Liezel Pieters), TENK VOL DIESEL LIEFLING, VAT DIE CRUISER (met Loufi), PARTYKIEHONDE en LUCKY PACKET RING (duet met Charlize Berg) om net ‘n paar enkelsnitte te noem wat hy die afgelope 2 jaar vrygestel het, vind groot aanklank by sy aanhangers. Sy derduisende aanhangers ken sy liedjies baie goed, maar is nie altyd bewus dat elke woord kom uit Gerhard se eie pen nie (maw hy skryf die lirieke self) en komponeer die musiek (melodie) ook self. Verder dat hy ook vir ander kunstenaars skryf. Hy maak sy debuut in 2000 deur saam met Lianne Heyl (Boeboe van Vetkoek Paleis op te tree.) Buiten sang en optredes, liedjies skryf, oorklankingswerk, akteur wees, het hy ook die produkies van kunstenaars behartig. As liedjie skrywer is van sy werk deur Ivan Roux, Dozi, Anais, Helene Bester, Wynand Strydom, Rudi Muller, Ricky Faber en andere opgeneem. Gerhard het tans 11 (elf) albums op sy kerfstok en saam met lg. het hy ook 8 (agt) enkelsnitte vrygestel. Hy glo dat ‘n sanger nie kan stagneer nie, maar deurgaans met nuwe, vars en unieke musiek vorendag moet kom. Buiten sang en optredes, het Gerhard ook ander talente. As akteur vertolk hy die hoofrol as Will Olwage in die fliek “Forsaken” en daarna die hoofrol in die Afrikaanse film “Sewentig x 7 saam met Angelique Gerber. Hy vertolk die rol van JESUS in die aangrypende produksie The Passion of Christ aangebied deur “Christian Family Church Internasional” en oor die 13 000 mense woon die 4 optredes by. Gerhard het ook bekendheid onder die kykers as TV aanbieder verwerf. Gerhard Steyn en die akteur Alvin Bruinders het hul eie TV program: Konings van Kitskos op VIA, Dstv Kanaal 147 gehad waarvan 10 seisoene uitgesaai was. Gerhard Steyn glo jy moet jou drome volg met alles wat in jou is. Sy talent, oorspronklikheid, potensiaal, uniekheid, dryfkrag en visie maak hierdie kunstenaar uitsonderlik. Gerhard het die suksesleër geklim en vandag is hy aan die bopunt met ‘n rede. Niks het in sy skoot geval nie, slegs harde werk, sy droom en omdat hy presies weet wat hy wil hê. Gerhard het in sy musiekloopbaan sedert sy albums vir die eerste keer op die rakke verskyn het, seldsame en gesogte juwele tot die skatkis van Afrikaanse musiek gevoeg en ’n enorme hoeveelheid musiekliefhebbers se harte in die proses gewen. Met al hierdie talente en seëninge bly Gerhard nederig met sy voete plat op die aarde en gee mildelik erkenning aan Drie-Enige God en diegene wat in hom glo en ondersteun. Gerhard se volgelinge op sosiale Media: Facebook 202 000 & Instagram 45 500 & TikTok 20 000 GERHARD STEYN TOP AWARDS / TOEKENNINGS EN HOOGTEPUNTE 1. Augustus 2025 tree Gerhard Steyn op in Amsterdam Nederland tydens die Theuns Jordaan Huldeblyk 2. Januarie 2024 is Gerhard een van die kunstenaars wat deel vorm van die Theuns Jordaan huldeblyk konsert in die Kaap 3. AIG MUSIEK TOEKENNINGS 2024: Gerhard ontvang: * Goud vir die skryf van Lucky Packet Ring * Goud vir die help skryf van Monumentaal (van Ruhan du Toit) * Platinum vir die skryf van Vir jou Geval (van Arno Jordaan) * Platinum vir Vat die Cruiser se musiekvideo * Dubbel Platinum vir die skryf van Vat die Cruiser * Dubbel Platinum vir die skryf van Doenit Als vir Liefde (van Ivan Roux) 4. By Afri-Indie se Toekennings Aand gehou 7 Augustus 2024 is Gerhard vereer vir sy 22 jaar bydrae tot die musiekbedryf. 5. Die liedjie “GROTER AS GOLIAT” het in 1 dag goud behaal as die mees aflaaibare (downloaded) liedjie.