< < < Back


Kabous

Entrance:

The entrance fee is JUST R3 per person!

 

Date: 16 August 2026

Times:

Information:

Time: Between 14h00 – 16h00! 

Kabous is gebore in Alberton en matrikuleer by Hoërskool Alberton in 2012. Hy het sy liefde vir musiek ontwikkel toe hy nog 'n tiener was. Daar en dan het hy besluit om sy passie vir drama en musiek te volg en kitaarlesse te neem. Saam met hierdie passie het hy 'n liefde vir die verhoog en vir mense ontdek.

Na skool gaan studeer hy Drama en Film by TUT (Tshwane University of Technology). In 2016 kwalifiseer hy met 'n Nasionale Diploma en in 2017 met 'n B-Tech Graad in Drama en Film. In sy universiteitsjare was hy betrokke by Aardklop met 'n produksie genaamd "Code". Hy was ook deel van verskeie verhoogproduksies tydens sy studies.

In hierdie tyd het sy liefde vir skryf ontwikkel. Hy het ook sy aandag na kinderteater gedraai waar hy vir What Walrus as 'n kindervermaaklikheidsagent gewerk het. In sy studiejare spesialiseer hy in kinderteater, sang en stemwerk.

Hy beoordeel landswyd by verskeie kunswedstryde naamlik Artisticulta, Die Poort Kunstefees, Dell Arte, Nova Arte en Rise To Fame, om net 'n paar te noem.

Kabous se eerste solo-album, Wonder, is in Oktober 2018 vrygestel. In 2022 stel hy sy tweede album, Jy Weet, vry. In 2019 jaag hy steeds sy musiek- en teaterloopbaan na en tree hy op as sanger by feeste en funksies.

Hy besluit toe in 2019 om sy tas te pak en te verhuis na Dalian, China. Hy werk daar as drama-, musiek- en Engelse onderwyser. In 2022 besluit hy om huiswaarts te keer om sy musiekloopbaan voltyds na te jaag. Sedert sy terugkeer het hy reeds by verskeie funksies en feeste opgetree.

In 2025 word hy geteken deur David Gresham Platemaatskappy met sy enkelsnit "Zammalekker". In dieselfde jaar skryf hy vir die Blou Bulle 'n temalied, "Bul is in ons bloed", asook "BraaiVibe" vir elke man wat lief is om 'n vuurtjie aan te steek.

Hy stel sy nuutste enkelsnit, "Sing Hallelujah!", in Oktober 2025 vry waar hy eer betoon aan God vir Sy goedheid en guns oor hom en sy geliefdes se lewens.

Kabous is 'n passievolle mens en glo dat resultate slegs deur harde werk en geloof bereik kan word. Hy is lief vir musiek en ondersteun ander kunstenaars waar hy moontlik kan. Hy is ook lief vir troeteldiere en om nuwe kulture en lande te verken. Hy glo dat kunstenaars mekaar moet help en ondersteun en dat eerlikheid en nederigheid belangrike waardes is. Hy hoop dat almal se paaie met voorspoed, geloof en liefde sal kruis.