Entrance: The entrance fee is JUST R5 per person!
Date: 05 December 2026
Times:
Information: Time: Between 14h00 – 16h00! Deon Groot is n begaafde musikant wat bekend is vir
liefdjies soos 'Wyn' en 'Bietjie Liedjie'. Sy passievolle benadering tot musiek
word oorgedra in sy werk deur kreatiwiteit, storie vertelling en emosionele
diepte. Sy liedjies handel dikwels oor die alledaagse lewe, liefde,
hoop en menslike ervarings. Temas waarmee luisteraars maklik kan identifiseer. Deon se talente strek oor verskeie genres, van kontemporêre
Afrikaanse musiek tot instrumentale komposisies, en hy eksperimenteer graag met
nuwe style en klanke om sy artistiese visie uit te druk. Deon Groot is ’n musikant wat nie sy sukses maklik gekry het
nie. Die pad in die musiekbedryf was vol uitdagings, struikelblokke en
teleurstellings. Daar was tye toe dit gevoel het asof deurbrake ver buite
bereik was, en dat elke poging net ’n nuwe hindernis gebring het, maar Deon het
nooit sy drome laat vaar nie. Hy glo sterk dat opgee nooit ’n opsie is nie en
dat passie, volharding en harde werk uiteindelik beloning bring. Deon se musiek dra nie net emosie en kreatiwiteit nie, maar
ook die boodskap dat sukses nie oornag gebeur nie. Deon Groot weet dat sy
prestasies nie net aan homself te danke is nie. Agter elke liedjie het sy ouers
hom motiveer en herinner dat sy drome haalbaar is. Elke naam dra n storie, en
Deon Groot vereer sy naam op aan sy pa en naam genoot, Groot Deon.