Wilmari Senekal

Entrance:

The entrance fee is JUST R3 per person!

 

Date: 22 August 2026

Information:

Time: Between 14h00 – 16h00! 

I'm a 27 year old Afrikaans artist born and bred in Pretoria. I've been singing since the age of 5 and received professional vocal coaching since the age of 6 from my grandmother, Louise Senekal, who was also a classically trained professional singer. Music runs through my veins. I have done opening performances for artists like Arno Jordaan as well as Ricus Nel. I've been a member of Rug Teen Rug Musiek since March 2024 and it honestly changed my life. Since then I have released two new singles "Afrika Sonsak" as well as my newest single "Paaie". I've performed on stages at festivals like Innibos and also joined my other Rug Teen Rug members on an unforgettable Western Cape tour in December. The stage is my happy place and my home. It is where I can live, dream and ultimately be myself.



 

Taye Brink

Entrance:

The entrance fee is JUST R3 per person!

 

Date: 23 August 2026

Information:

Time: Between 14h00 – 16h00! 

Taye is ’n energieke Afrikaanse sangeres en liedjieskrywer met ’n klank wat jou reguit in die hart tref. Haar musiek kombineer rou emosie met aansteeklike ritmes, en haar optredes is bekend vir hul intensiteit, energie en opregtheid. Op die verhoog gee sy alles – elke keer.

Met trefferliedjies soos “NICO 10”, “Dans met Gevaar” en “Ek Dare Jou (Bly net lief vir my)”, het Taye vinnig ’n lojale aanhangersbasis opgebou. Haar styl is vars, uniek en vol siel – perfek vir enige geleentheid wat ’n bietjie vibe nodig het.

Onlangs het sy saam met Len Muller gewerk en twee besonderse liedjies saam vrygestel: “Alles van My” en “Soos ’n Engel (Intieme weergawe)”. “Soos ’n Engel (Intieme weergawe)” is geskryf deur Len Muller en Juan Boucher – ’n samewerking wat diep emosie en opregtheid vasvang. Taye en Len het ook onlangs saam verhoog gedeel en gehore landswyd beïndruk met hul dinamiese optredes.

Taye se missie met haar musiek is eenvoudig maar kragtig: om mense aan te raak, harte oop te maak en ’n goeie vibe te bring – elke keer as sy sing. 



 

Deon Groot

Entrance:

The entrance fee is JUST R5 per person!

 

Date: 29 August 2026

Information:

Time: Between 14h00 – 16h00! 

Deon Groot is n begaafde musikant wat bekend is vir liefdjies soos 'Wyn' en 'Bietjie Liedjie'. Sy passievolle benadering tot musiek word oorgedra in sy werk deur kreatiwiteit, storie vertelling en emosionele diepte.

Sy liedjies handel dikwels oor die alledaagse lewe, liefde, hoop en menslike ervarings. Temas waarmee luisteraars maklik kan identifiseer.

Deon se talente strek oor verskeie genres, van kontemporêre Afrikaanse musiek tot instrumentale komposisies, en hy eksperimenteer graag met nuwe style en klanke om sy artistiese visie uit te druk.

Deon Groot is ’n musikant wat nie sy sukses maklik gekry het nie. Die pad in die musiekbedryf was vol uitdagings, struikelblokke en teleurstellings. Daar was tye toe dit gevoel het asof deurbrake ver buite bereik was, en dat elke poging net ’n nuwe hindernis gebring het, maar Deon het nooit sy drome laat vaar nie. Hy glo sterk dat opgee nooit ’n opsie is nie en dat passie, volharding en harde werk uiteindelik beloning bring.

Deon se musiek dra nie net emosie en kreatiwiteit nie, maar ook die boodskap dat sukses nie oornag gebeur nie.

Deon Groot weet dat sy prestasies nie net aan homself te danke is nie. Agter elke liedjie het sy ouers hom motiveer en herinner dat sy drome haalbaar is. Elke naam dra n storie, en Deon Groot vereer sy naam op aan sy pa en naam genoot, Groot Deon.  

Nicholis Louw

Entrance:

The entrance fee is JUST R5 per person! 

Date: 30 August 2026

Information:

Time: Between 14h00 – 16h00! 

Nicholis vier in 2023, 20 jaar as professionele kunstenaar in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf. Hy word gekenmerk aan energieke musiek, en selfs meer energieke lewendige vertonings. Deur die jare het hy bekend geraak as een van Suid-Afrika se mees veelsydige kunstenaars, en die volgende liedjies, onder andere, het diep spore in die geheues van die Suid-Afrikaner getrap:

  • “Rock daai Lyfie”
  • “Generaal”
  • “Maia Hee”
  • “Coco Pops en Kaas”
  • “Vergeet en Vergewe”
  • “Welkom by my Party”
  • “Ek wil my Baby hê Vanaand”
  • “Ons sal jonk bly”
  • “Hier naby Jou”
  • “Bring die Storm”
  • “Sandkasteel”
  • “Voel die Energie”
  • sowel as sy eie weergawe van Prince se “Purple Rain”

 

ALBUM VERKOPE: Rondom 650 000 eenhede, waaronder:

  • 2 Dubbel Platinum albums (albei hierdie albums het hul Dubbel Platinum status met ‘n addisionele Goue status oorskry)
  • 3 Platinum albums
  • 3 Trippel Goud albums
  • 6 Goue albums

 

TOEKENNINGS:

  • 2 x SAMA Toekennings
  • Verskeie Huisgenoot Tempo Toekennings
  • Verskeie Ghoema Toekennings

 

In 2012 word die groep, “4Werke”, gestig, met Nicholis as deel daarvan. Die groep spog met 3 Goue status albums, en is bekend vir treffers soos:

  • Kyk diep in my oë
  • Hou my stywer vas
  • Jy slaan die wind in my seile
  • Roete na jou hart

 

In 2013 word Nicholis een van die 5 oorspronklike KRONE kunstenaars. Hierdie vertoning het gegroei tot monumentale status, en het in 2023 by Loftus gebeur, met rondom 35 000 mense wat dit bywoon.

 

 

SKAKELS:

 

https://youtu.be/gtxR8wg_i6o?si=o3hSZVgyCmFB4CK5

 

https://youtu.be/y_NrJR63Hck?si=SagktD2siuUWn4aJ

 

https://youtu.be/JBfYWg9BcmE

 

https://youtu.be/hOZx5X9XUGk

 

https://youtu.be/Zn9SAylKQ6

 

https://youtu.be/c-U1YlZkNjU

 

 

Kiddies Entertainment

Entrance: Free Entry! 

Date: 30 August 2026

Information:

11h00 – 12h00: Face Painting

12h00 – 13h00: Paint and colour your own pencil bags to take home.